Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 102

Bible Study - Psalms 102 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE. (102:2) o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!
  
2. (102:3) Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!
  
3. (102:4) Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.
  
4. (102:5) Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.
  
5. (102:6) Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.
  
6. (102:7) Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.
  
7. (102:8) Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.
  
8. (102:9) Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.
  
9. (102:10) Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
  
10. (102:11) vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.
  
11. (102:12) My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.
  
12. (102:13) Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
  
13. (102:14) U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.
  
14. (102:15) Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
  
15. (102:16) Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;
  
16. (102:17) omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,
  
17. (102:18) Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
  
18. (102:19) Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;
  
19. (102:20) omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,
  
20. (102:21) om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;
  
21. (102:22) sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,
  
22. (102:23) as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.
  
23. (102:24) Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
  
24. (102:25) My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie -- u jare is van geslag tot geslag!
  
25. (102:26) In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
  
26. (102:27) Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.
  
27. (102:28) Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.
  
28. (102:29) Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES