Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 104

Bible Study - Psalms 104 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed --
  
2. wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;
  
3. wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
  
4. wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
  
5. Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
  
6. U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.
  
7. Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik --
  
8. berge het opgerys, laagtes het weggesak -- na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
  
9. 'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
  
10. Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.
  
11. Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.
  
12. By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.
  
13. Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
  
14. Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
  
15. en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
  
16. Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;
  
17. waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.
  
18. Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.
  
19. Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
  
20. U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.
  
21. Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.
  
22. As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
  
23. Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.
  
24. Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
  
25. Daar is die see, groot en alkante toe wyd -- daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.
  
26. Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.
  
27. Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.
  
28. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
  
29. U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
  
30. U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
  
31. Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,
  
32. Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
  
33. Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
  
34. Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!
  
35. Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES