|
|
Psalms, Chapter 113
1. Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!
2. Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid!
3. Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!
4. Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.
5. Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon,
6. wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?
7. Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;
8. om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.
9. Wat die onvrugbare van die huis laat woon -- 'n blye moeder van kinders. Halleluja!
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|