Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 116

Bible Study - Psalms 116 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,
  
2. want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
  
3. Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
  
4. Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel.
  
5. Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer.
  
6. Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.
  
7. My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen.
  
8. Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling.
  
9. Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande van die lewendes.
  
10. Ek het geglo toe ek gespreek het: Ek is diep neergebuig.
  
11. Ék het in my angs gesê: Alle mense is leuenaars.
  
12. Wat sal ek die HERE vergeld vir al sy weldade aan my?
  
13. Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep.
  
14. My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.
  
15. Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote.
  
16. Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.
  
17. Ek sal U 'n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.
  
18. Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,
  
19. in die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES