|
|
Psalms, Chapter 129
1. 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af -- laat Israel dit sê --
2. alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.
3. Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.
4. Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.
5. Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.
6. Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,
7. waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.
8. Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|