Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 136

Bible Study - Psalms 136 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
2. Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
3. Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid --
  
4. Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
5. Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
6. Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
7. Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
8. Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
9. Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
10. Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
11. En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
12. Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
13. Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
14. En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
15. En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
16. Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
17. Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
18. En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
19. Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
20. En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
21. En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
22. As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
23. Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
24. En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
25. Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
  
26. Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES