|
|
Psalms, Chapter 142
1. 'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed. (142:2) Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.
2. (142:3) Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.
3. (142:4) As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.
4. (142:5) Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.
5. (142:6) Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.
6. (142:7) Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.
7. (142:8) Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|