Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 145

Bible Study - Psalms 145 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.
  
2. Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.
  
3. Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
  
4. Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.
  
5. He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.
  
6. Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.
  
7. Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.
  
8. Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
  
9. Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.
  
10. Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U.
  
11. Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,
  
12. Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.
  
13. Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.
  
14. Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.
  
15. Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.
  
16. Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
  
17. Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.
  
18. Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.
  
19. Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.
  
20. Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.
  
21. Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES