|
|
Psalms, Chapter 3
1. 'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom. (3:2) o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
2. (3:3) Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
3. (3:4) Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
4. (3:5) Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
5. (3:6) Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
6. (3:7) Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
7. (3:8) Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
8. (3:9) Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|