|
|
Psalms, Chapter 41
1. Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. (41:2) Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.
2. (41:3) Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.
3. (41:4) Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
4. (41:5) Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
5. (41:6) My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
6. (41:7) En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.
7. (41:8) Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:
8. (41:9) Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.
9. (41:10) Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.
10. (41:11) Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!
11. (41:12) Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.
12. (41:13) My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid.
13. (41:14) Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|