Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 56

Bible Study - Psalms 56 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat. (56:2) Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
  
2. (56:3) My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
  
3. (56:4) Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
  
4. (56:5) Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
  
5. (56:6) Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
  
6. (56:7) Hulle val aan, lê en loer -- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.
  
7. (56:8) Ondanks hul ongeregtigheid -- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
  
8. (56:9) U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
  
9. (56:10) Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.
  
10. (56:11) Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.
  
11. (56:12) Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?
  
12. (56:13) Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;
  
13. (56:14) want U het my siel gered van die dood -- ja, my voete van struikeling -- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES