Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 80

Bible Study - Psalms 80 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm. (80:2) o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!
  
2. (80:3) Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!
  
3. (80:4) o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
  
4. (80:5) o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?
  
5. (80:6) U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
  
6. (80:7) U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.
  
7. (80:8) o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
  
8. (80:9) 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.
  
9. (80:10) U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.
  
10. (80:11) Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.
  
11. (80:12) Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.
  
12. (80:13) Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?
  
13. (80:14) Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.
  
14. (80:15) o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;
  
15. (80:16) en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.
  
16. (80:17) Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.
  
17. (80:18) Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.
  
18. (80:19) Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.
  
19. (80:20) o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES