Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 96

Bible Study - Psalms 96 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde!
  
2. Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.
  
3. Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.
  
4. Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.
  
5. Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.
  
6. Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom.
  
7. Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.
  
8. Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe.
  
9. Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!
  
10. Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
  
11. Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.
  
12. Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel
  
13. voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES