Bible Study: FrontPage




 

Romans, Chapter 16

Bible Study - Romans 16 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ek beveel by julle aan ons suster Fébé, wat 'n dienares is van die gemeente in Kenchréë,
  
2. dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hę. Want sy was vir baie 'n beskermster en ook vir my.
  
3. Groet Priscílla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus,
  
4. wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene.
  
5. Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epénetus, my geliefde, wat die eersteling van Acháje is vir Christus.
  
6. Groet Maria wat baie vir ons gearbei het.
  
7. Groet Andronícus en Júnias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het.
  
8. Groet Amplias, my geliefde in die Here.
  
9. Groet Urbánus, ons medewerker in Christus, en Stáchis, my geliefde.
  
10. Groet Apélles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobúlus is.
  
11. Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is.
  
12. Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.
  
13. Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne.
  
14. Groet Asínkritus, Flegon, Hermas, Pátrobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is.
  
15. Groet Filólogus en Julia, Néreus en sy suster en Olímpas en al die heiliges wat saam met hulle is.
  
16. Groet mekaar met 'n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle.
  
17. En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.
  
18. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
  
19. Want julle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is.
  
20. En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
  
21. Timótheüs, my medewerker, groet julle, en Lúcius en Jason en Sosípater, my stamgenote.
  
22. Ek, Tértius, wat die brief geskryf het, groet julle in die Here.
  
23. Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle.
  
24. Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
  
25. Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,
  
26. maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof
  
27. aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES