Bible Study: FrontPage




 

Song of Songs, Chapter 1

Bible Study - Song of Songs 1 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die hooglied van Salomo.
  
2. Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.
  
3. U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.
  
4. Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.
  
5. Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.
  
6. Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.
  
7. Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?
  
8. As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders.
  
9. Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!
  
10. Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere.
  
11. Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe.
  
12. So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee.
  
13. My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus.
  
14. My beminde is vir my 'n tros henna-blomme in die wingerde van Éngedi.
  
15. Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!
  
16. Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.
  
17. Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES