Bible Study: FrontPage




 

2 Samuel, Chapter 8

Bible Study - 2 Samuel 8 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Hierna het Dawid die Filistyne verslaan. Hy het hulle onderwerp en die mag uit hulle hande geneem.
  
2. Hy het ook die Moabiete verslaan. Hy het hulle groep-groep op die grond laat lê: twee groepe om te laat doodmaak vir elke volle groep wat toegelaat is om te lewe. Moab het onderhorig geword aan Dawid en moes aan hom belasting betaal.
  
3. Toe Dawid sy mag aan die Eufraat gaan herstel het, het hy vir koning Hadad-Eser van Soba, seun van Regob, verslaan.
  
4. Van hom het Dawid sewentien honderd oorlogsperde en twintig duisend voetsoldate afgevat. Hy het perde vir honderd strydwaens uitgehou en al die ander se hakskeensenings afgesny.
  
5. Die Arameërs van Damaskus het vir koning Hadad-Eser van Soba te hulp gekom, maar Dawid het twee en twintig duisend man van Aram verslaan.
  
6. Hy het militêre poste in die gebied Aram-Damaskus ingerig, en die Arameërs het aan hom onderhorig geword en moes aan hom belasting betaal. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
  
7. Hy het die goue skilde van Hadad-Eser se offisiere afgevat en dit na Jerusalem toe gebring.
  
8. In Tebag en Berotai, twee stede van Hadad-Eser, het hy op 'n groot klomp brons beslag gelê.
  
9. Toe koning Toï van Hamat hoor dat Dawid die hele leër van Hadad-Eser verslaan het,
  
10. het hy sy seun Joram na koning Dawid toe gestuur. Hy moes hom sy groete oorbring en hom gelukwens met sy oorwinning oor Hadad-Eser, want Hadad-Eser het kort-kort vir Toï aangeval. Joram het vir Dawid allerlei artikels van silwer en goud en brons gebring.
  
11. Koning Dawid het dit alles aan die Here gewy, en so ook die silwer en goud van al die nasies wat hy onderwerp het,
  
12. naamlik Aram, Moab, Ammon, die Filistyne en Amalek. Hy het dieselfde gedoen met sy buit van koning Hadad-Eser van Soba, seun van Regob.
  
13. Na sy oorwinning oor Aram het Dawid vir hom naam gemaak toe hy agtien duisend man van Edom in die Soutvlakte verslaan het.
  
14. Hy het oral in Edom militêre poste ingerig, en die hele Edom het aan hom onderhorig geword. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
  
15. Dawid was koning oor die hele Israel en hy het sy hele volk met reg en billikheid geregeer.
  
16. Joab seun van Seruja is aangestel oor die weermag, en Josafat seun van Agilud was hoof uitvoerende beampte.
  
17. Sadok seun van Agitub, en Agimelek seun van Abjatar was priesters, en Seraja was staatsekretaris.
  
18. Jojada se seun Benaja is aangestel oor die koning se Filistynse lyfwag. Dawid se seuns was priesters.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES