Bible Study: FrontPage




 

2 Samuel, Chapter 9

Bible Study - 2 Samuel 9 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Op 'n dag het Dawid gevra: "Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan."
  
2. Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding, na hom toe laat roep. "Is jy Siba?" vra die koning hom. Hy antwoord: "Ek is u onderdaan."
  
3. "Is daar nie miskien iemand uit Saul se familie oor nie?" wou die koning weet. "Ek wil hom 'n besondere guns bewys." "Daar is nog 'n kreupel seun van Jonatan," was Siba se antwoord aan die koning.
  
4. "Waar is hy?" vra die koning hom toe, en hy het geantwoord: "Hy is in die huis van Ammiël se seun Makir in Lo-Dabar."
  
5. Koning Dawid het hom toe laat haal uit Makir se huis in Lo-Dabar.
  
6. Toe Mefiboset seun van Saul se seun Jonatan by Dawid kom, het hy op sy knieë geval voor Dawid en gebuig. "Mefiboset?" vra Dawid. "Ek is u onderdaan," antwoord hy.
  
7. Dawid sê vir hom: "Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet."
  
8. Hy het weer voor Dawid gebuig en gesê: "Wat is ek tog dat u aandag gee aan 'n dooie hond soos ek?"
  
9. Dawid het vir Siba die amptenaar van Saul geroep en hom beveel: "Alles wat aan Saul en sy familie behoort het, gee ek aan sy kleinseun.
  
10. Jy en jou seuns en jou slawe moet vir hom die lande bewerk en die oes insamel sodat daar kos kan wees vir sy huishouding, en sodat hulle kan eet. Maar Mefiboset die kleinseun van Saul sal van nou af by my aan huis eet." Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.
  
11. Hy het die koning geantwoord: "Ek is u onderdaan, ek sal doen net soos die koning my beveel het, en Mefiboset sal by u aan huis eet soos u eie kind."
  
12. Mefiboset het 'n klein seuntjie gehad wie se naam Miga was. Die hele huishouding van Siba moes vir Mefiboset bedien.
  
13. Mefiboset, wie se voete gebreklik was, het in Jerusalem gebly, want hy het van toe af by die koning aan huis geëet.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES