Bible Study: FrontPage




 

Amos, Chapter 8

Bible Study - Amos 8 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Die Here my God het my 'n gesig laat sien: Daar was 'n mandjie ryp vrugte,
  
2. en die Here het vir my gevra: Wat sien jy, Amos? Ek het gesê: "'n Mandjie ryp vrugte." Toe sê die Here vir my: Die tyd is ryp vir my volk Israel, Ek sal hom nie meer spaar nie.
  
3. Daardie dag sal die sang in die paleis 'n gehuil word, sê die Here my God. Daar sal baie lyke wees, oral neergegooi. Bly liewer stil!
  
4. Luister hierna, julle wat arm mense vertrap, julle wat die mense in nood in die land wil uitroei.
  
5. Julle sê: "Wanneer is Nuwemaan verby dat ons koring kan verkoop, of Sabbat, dat ons ons graanwinkels weer kan oopmaak en minder graan vir meer geld kan verkoop? Ons laat die skaal mos kul soos ons wil!"
  
6. Julle verkoop arm mense vir geld, behoeftiges oor 'n paar sandale, julle verkoop selfs die koringkaf.
  
7. Die Here het 'n eed afgelê by Homself, by Hom wat die trots van Jakob moes gewees het: Ek sal nooit vergeet wat hulle gedoen het nie!
  
8. Sal die aarde nie hieroor beef nie, sal sy bewoners nie treur nie! Sal die hele wêreld nie in beroering kom soos die Nyl, wegsak soos die rivier van Egipte nie!
  
9. Daardie dag, sê die Here my God, laat Ek die son helder oordag ondergaan, maak Ek dit donker op aarde terwyl dit nog ligdag is;
  
10. Ek verander julle feeste in treurgeleenthede, julle liedere in klaagsange; Ek trek vir julle rouklere aan en skeer al julle koppe kaal; Ek laat dit word soos wanneer 'n mens oor 'n enigste kind treur, julle uiteinde sal vir julle 'n bitter dag wees.
  
11. Maar daar kom dae, sê die Here my God, dat Ek 'n honger oor die aarde laat kom: 'n honger nie na kos nie, 'n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.
  
12. Die mense sal ronddwaal van see tot see, rondslinger van noord tot oos om die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie kry nie.
  
13. Daardie dag sal die mooi meisies en die jongmanne van dors beswyk,
  
14. dié jongmense wat ede aflê by wat Samaria se sonde is en sê: "So seker as jou god leef, Dan, so seker as daar 'n pelgrimspad na Berseba toe is!" Hulle sal val en nie weer opstaan nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES