Bible Study: FrontPage




 

Amos, Chapter 9

Bible Study - Amos 9 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ek het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die pilare se toppe stukkend, sodat die drumpels bewe, breek hulle af oor almal se koppe! Ek sal die mense wat oorbly, met die swaard doodmaak, niemand sal kan vlug nie, niemand sal vrykom nie.
  
2. Al breek hulle deur na die doderyk toe, Ek sal hulle daar uithaal; al klim hulle op na die hemel toe, Ek sal hulle daarvandaan laat afkom;
  
3. al kruip hulle weg op die top van die Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en vang; al kruip hulle weg op die bodem van die see, Ek sal die slang daar beveel om hulle te pik;
  
4. al word hulle in ballingskap weggevoer voor hulle vyande uit, Ek sal die swaard daar beveel om hulle dood te maak; my bedoeling met hulle is om hulle kwaad aan te doen, nie om goed aan hulle te doen nie.
  
5. Die Here my God, die Almagtige, raak die aarde aan en dit smelt weg, en almal wat daarop woon, treur; die hele wêreld kom in beroering soos die Nyl en sak weer weg soos die rivier van Egipte.
  
6. Die Here bou sy bokamers in die hemel en lê die hemelkoepel se fondament op die aarde, Hy roep die waters van die see en giet hulle oor die aarde uit. Sy Naam is Here!
  
7. Julle Israeliete is vir My nie anders as die Kussiete nie, sê die Here. Ek het vir Israel uit Egipte laat trek, maar ook die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir.
  
8. Ek, die Here God, hou die sondige koninkryk dop, Ek gaan hom wegvee van die aarde af! Maar tog, Ek sal nie die nageslag van Jakob heeltemal uitroei nie, sê die Here.
  
9. Ek gaan die bevel gee en vir Israel skud tussen die nasies soos graan in 'n sif geskud word, en nie 'n korrel sal op die grond val nie.
  
10. Al die sondaars onder my volk sal met die swaard doodgemaak word, hulle wat sê: "Ter wille van ons sal U die ramp nie laat kom nie, ons nie daardeur laat tref nie."
  
11. Daardie dag bou Ek die vervalle hut van Dawid weer op; Ek stop sy barste toe en bou sy murasies op, Ek herbou hom soos hy in die ou tyd was,
  
12. sodat my volk die oorwinnaar sal wees oor wat van Edom oor is, oor al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, sê die Here. Hy sal dit doen.
  
13. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat daar direk na die oes geploeg sal word en dat daar direk na die saaityd gepars sal word. Die berge sal van druiwesap drup, al die heuwels sal deurnat wees.
  
14. Ek sal die lot van my volk Israel verander: hulle sal die verlate stede herbou en bewoon, hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink, hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
  
15. Ek sal my volk weer in hulle grond plant, en hulle sal nie weer uitgeruk word uit die grond wat Ek hulle gegee het nie, sê die Here jou God.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES