Bible Study: FrontPage




 

Hosea, Chapter 13

Bible Study - Hosea 13 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Daar was 'n tyd toe Efraim met gesag gepraat het, hy was die onbetwisbare leier in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak met Baäl en dit het vir hom die dood gebring.
  
2. En nou hou hulle maar aan met sondig: hulle het vir hulle beelde gemaak, afgodsbeelde van silwer na eie smaak. Maar dit bly die handewerk van ambagsmanne! Van hierdie beelde sê hulle: "As 'n mens wil offer, moet jy hierdie kalwers soen."
  
3. Daarom sal hulle so vinnig verdwyn soos 'n môrewolkie, soos dou. Hulle sal weggewaai word soos kaf van 'n dorsvloer af, soos rook uit 'n skoorsteen.
  
4. Ek is die Here jou God van die tyd van Egipte af. Jy het geen ander god geken nie en jy het geen ander redder gehad nie.
  
5. Dit is Ek wat jou in die woestyn, in 'n dor land versorg het.
  
6. Maar toe hulle by goeie weiding gebring is, het hulle hulle vol geëet, en toe hulle vol geëet was, het hulle hoogmoedig geword. Daarom het hulle My vergeet.
  
7. Toe het Ek vir hulle geword soos 'n leeu, soos 'n luiperd wat vir hulle langs die pad voorlê.
  
8. Ek sal hulle aanval soos 'n beerwyfie wie se kleintjies afgeneem is. Ek sal hulle borskaste oopskeur. Soos 'n leeu sal Ek hulle daar verslind. Roofdiere sal hulle uitmekaarskeur.
  
9. Ek het jou vernietig, Israel, Ek wat jou eers gehelp het.
  
10. Waar is jou koning dan nou? Laat hy jou help in al jou stede! Waar is jou regeerders van wie jy gesê het: "Gee vir my 'n koning en amptenare"?
  
11. Ek gee vir jou 'n koning in my toorn en Ek vat hom weg in my woede!
  
12. Efraim se skuld is opgeskryf, sy sonde staan aangeteken.
  
13. Toe die tyd vir sy geboorte gekom het, het hy nie die verstand gehad om op die regte oomblik gereed te wees vir die geboorte nie.
  
14. Moet Ek hom red uit die mag van die dood? Moet Ek hom verlos uit die doderyk? Kom met jou peste, dood! Kom met jou plae, doderyk! Ek sal vir Efraim nie jammer kry nie.
  
15. Al floreer Efraim ook soos 'n blom tussen die riete, die oostewind sal losbreek, 'n storm van die Here sal uit die woestyn kom en Efraim se waterbron sal opdroog, sy fontein sal gaan staan. Die storm sal al sy skatte en voorrade vernietig.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES