Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 31

Bible Study - Isaiah 31 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ellende wag vir dié wat by Egipte hulp gaan vra; hulle verlaat hulle op perde, hulle is vol vertroue as daar baie strydwaens is, as hulle oor 'n menigte ruiters kan beskik; maar op die Heilige van Israel vertrou hulle nie, na die wil van die Here vra hulle nie.
  
2. Hý is die Een wat wysheid het; daarom het Hy 'n ramp laat losbreek en het Hy nie afgesien van wat Hy gesê het nie: Hy tree op teen die volk wat altyd verkeerd doen én teen die volk wat hulp verleen aan dié wat onreg doen.
  
3. Die Egiptenaars is mense, hulle is nie gode nie, en hulle perde is maar net perde, nie bonatuurlike wesens nie. As die Here sy hand uitsteek, val die helper én die een wat gehelp word en gaan hulle saam onder.
  
4. So het die Here vir my gesê: Soos 'n leeu, 'n maanhaar, by sy prooi lê en grom en hom nie laat afskrik deur die harde geskreeu van veewagters wat teen hom saamgeroep is nie, en hom nie steur aan hulle lawaai nie, so sal die Here die Almagtige, wanneer Hy neerdaal, sy oorlog veg op Sionsberg, op die heuwel waar Sion lê.
  
5. Soos voëls beskermend oor hulle neste sweef, so sal die Here die Almagtige die skild oor Jerusalem wees; Hy sal beskermend verbykom en so sal Hy red en bevry.
  
6. Israeliete, bekeer julle tot Hom van wie julle so ver verwyder geraak het.
  
7. Daardie dag, wanneer julle elkeen sy afgode weggooi, die afgode van silwer en van goud wat julle self gemaak het en waarmee julle gesondig het,
  
8. sal die Assiriërs deur die swaard afgemaai word, maar nie die swaard van 'n mens nie, hulle sal uitgewis word deur die swaard, maar nie die swaard van 'n mens nie. Hulle sal voor die swaard uit moet vlug, en hulle jongmanne sal dwangarbeiders word.
  
9. Die koning vir wie hulle as hulle rots beskou, sal van angs op die vlug slaan, en hulle leiers sal paniekbevange van die vaandel af padgee, sê die Here ter ere van wie die vuur in Sion brand, ter ere van wie die altaar in Jerusalem rook.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES