Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 38

Bible Study - Isaiah 38 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: "So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie."
  
2. Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here:
  
3. "Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë." Hiskia het bitterlik gehuil.
  
4. Die Here het toe vir Jesaja gesê:
  
5. "Gaan sê vir Hiskia: So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng
  
6. en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm.
  
7. Ek, die Here, gee vir jou die volgende teken dat Ek sal doen wat Ek gesê het:
  
8. Ek sal die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas se sonwyser afgesak het, tien trappe laat terugskuif." En die son het tien trappe teruggeskuif op die trappe waarop dit reeds afgesak het.
  
9. Na die siekte en herstel van koning Hiskia van Juda het hy geskryf:
  
10. Ek het gedink: in die fleur van my lewe sal ek sterf, op vroeë leeftyd sal ek aan die doderyk oorgegee word.
  
11. Ek het gedink ek sal die Here nie meer sien nie, die Here in die land van die lewendes, ek sal geen mens meer sien nie, by dié wat op die aarde woon, nie meer wees nie.
  
12. My woonplek is afgebreek, opgerol soos 'n skaapwagter se tent. My lewe is verby, afgebreek soos 'n weefdraad. U het aangehou om my te straf.
  
13. Ek het die hele nag stilgebly, maar soos 'n leeu het U my bene verbreek, U het aangehou om my te straf.
  
14. Ek het gekerm soos 'n voël wat kerm, ek het gekla soos 'n duif. My oë het moeg geword van opkyk na die hemel toe. Here, red my uit my ellende.
  
15. Wat kan ek sê? Die Here het met my gepraat, Hy het gedoen wat Hy gesê het. Ek sal my hele lewe lank swaar loop oor wat ek moes verduur.
  
16. Mense leef ten spyte hiervan, Here, en ek sal daarmee saam kan leef, maar maak my tog gesond, herstel my!
  
17. Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe.
  
18. In die doderyk kan niemand U loof nie, geeneen wat dood is, kan U prys nie; niemand in die graf dink aan u trou nie!
  
19. Net hulle wat nog lewe, kan U loof, so doen ek dit vandag. Vaders sal hulle kinders van u trou vertel.
  
20. Here, U het my gered. Ons sal op ons liere speel al die dae van ons lewe, in die huis van die Here.
  
21. Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle 'n vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword.
  
22. Toe vra Hiskia: "Wat is die teken dat ek weer na die huis van die Here toe sal gaan?"


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES