Bible Study: FrontPage




 

Isaiah, Chapter 39

Bible Study - Isaiah 39 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Dié tyd het koning Merodak-Baladan van Babel seun van Baladan briewe en geskenke na Hiskia toe gestuur omdat hy gehoor het van Hiskia se siekte en genesing.
  
2. Hiskia was bly oor die gesante en hy het hulle sy skatkamers gewys met die silwer, die goud, die kruie en die geurige olie, sy wapenkamer en alles wat in sy voorraadkamers was. Daar was niks in sy paleis en in sy koninkryk wat Hiskia die gesante nie laat sien het nie.
  
3. Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskia toe en sê vir hom: "Wat het daardie mense gesê en waarvandaan kom hulle?" Hiskia het geantwoord: "Hulle het uit 'n ver land na my toe gekom, uit Babel."
  
4. "Wat het hulle in jou paleis gesien?" vra Jesaja. En Hiskia antwoord: "Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Daar is niks van my skatte wat hulle nie gesien het nie."
  
5. Toe sê Jesaja vir Hiskia: "Luister wat sê die Here die Almagtige:
  
6. Daar kom 'n tyd dat alles wat in jou paleis is, weggedra sal word na Babel toe, al die skatte wat jou voorvaders en jy tot nou toe versamel het. Daar sal niks oorbly nie, sê die Here.
  
7. "Van jou eie seuns wat uit jou gebore is, sal gevat word, en hulle sal diens doen in die paleis van die koning van Babel."
  
8. Hiskia het vir Jesaja gesê: "Die woord van die Here wat jy aan my oorgedra het, is goed." Hiskia het bygevoeg: "As daar maar net in my tyd vrede en veiligheid is!"


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES