Bible Study: FrontPage




 

Zechariah, Chapter 5

Bible Study - Zechariah 5 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was 'n boekrol wat in die lug sweef.
  
2. Die engel het vir my gevra: "Wat sien jy?" en ek het gesê: "Ek sien 'n boekrol wat in die lug sweef. Dit is nege meter lank en vier en 'n half meter breed."
  
3. Toe sê die engel vir my: "Dit is die vervloeking wat oor die hele aarde strek, want elke dief het tot nou toe ongestraf gebly, en elkeen wat 'n vals eed aflê, het tot nou toe ongestraf gebly."
  
4. Ek stuur die vervloeking, sê die Here die Almagtige. Dit sal in die dief se huis ingaan, en in die huis van dié wat in my Naam 'n vals eed aflê. Dit sal daar bly en die huis verwoes, hout en klip, alles.
  
5. Die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, het vorentoe gekom en vir my gesê: "Kyk daar! Kyk wat kom daar aan."
  
6. Ek het gevra: "Wat is dit?" en hy het gesê: "Dit is 'n graanmandjie wat aankom." Hy het bygevoeg: "Dit bevat die sonde van almal op aarde."
  
7. Toe word die ronde looddeksel van die mandjie opgelig, en daar sit 'n vrou binne-in die mandjie!
  
8. Die engel het gesê: "Dit is die goddeloosheid!" Hy het haar teruggestamp in die mandjie en die looddeksel oor die bek toegeklap.
  
9. Toe sien ek twee vroue aankom wat met vlerke op die wind sweef, vlerke soos dié van 'n grootsprinkaanvoël. Hulle het die mandjie opgetel en is daarmee die lug in.
  
10. Ek vra toe die engel wat vir my die gesigte moes uitlê: "Waarheen gaan hulle met die mandjie?"
  
11. Hy het geantwoord: "Hulle gaan vir die mandjie 'n huis bou in Sinar. As dit klaar is, sal die mandjie daar op die plek gesit word waar hy hoort."


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES