Bible Study: FrontPage




 

Zechariah, Chapter 6

Bible Study - Zechariah 6 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1983) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Ek het weer 'n gesig gesien. Daar was vier strydwaens wat tussen twee berge uitgekom het, berge van koper.
  
2. Voor die eerste strydwa was bruin perde en voor die tweede swartes.
  
3. Voor die derde was wit perde en voor die vierde skimmels.
  
4. Ek het vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê, gevra: "Wat beteken dit, Meneer?"
  
5. Hy het vir my gesê: "Die strydwaens het gestaan voor Hom aan wie die hele aarde behoort. Nou gaan hulle in die vier windrigtings.
  
6. Die strydwa met die swart perde gaan noord, dié met die wittes gaan agterna, en dié met die skimmels gaan suid."
  
7. Toe die skimmel perde wegtrek, wou hulle die aarde deurkruis, maar eers toe die engel sê: "Spring weg, deurkruis die aarde!" het hulle dit gedoen.
  
8. Die engel het vir my geskree: "Kyk, dié wat noord gaan, bring die Gees van die Here daarheen!"
  
9. Die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
  
10. Gaan vandag nog na die huis van Josia seun van Sefanja toe waar die ballinge Geldai, Tobija en Jedaja uit Babel aangekom het
  
11. en kry by hulle silwer en goud. Maak dan daarvan 'n kroon en sit dit op die kop van die hoëpriester Jesua seun van Josadak.
  
12. Dan moet jy vir hom sê: So sê die Here die Almagtige: Daar is 'n man met die naam Loot. Hy maak vinnig opgang en hy sal die tempel van die Here bou.
  
13. Dit is hy wat die tempel van die Here sal bou, dit is hy wat die mag sal besit, wat op die troon sal sit en sal heers. 'n Priester sal saam met hom regeer en daar sal vriendelike oorleg tussen hulle twee wees.
  
14. Die kroon moet in die tempel van die Here bly as 'n gedagtenis aan Geldai, Tobija en Jedaja en aan die goeie gesindheid van die seun van Sefanja.
  
15. Mense sal van ver af kom en aan die tempel van die Here bou, sodat julle sal weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het. Dit sal gebeur as julle in alles gehoorsaam is aan die Here julle God.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: This text is in the public domain.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES