Bible Study: FrontPage




 

2 Samuel, Chapter 8

Bible Study - 2 Samuel 8 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. En daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die Filistyne geneem.
  
2. Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet met 'n lyn deur hulle op die grond te laat lę: en hy het twee mate gemeet om dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se belastingpligtige knegte geword.
  
3. Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die Eufraatrivier te herstel.
  
4. En Dawid het van hom duisend sewe honderd perderuiters afgeneem en twintig duisend man voetgangers, en Dawid het al die trekperde se hakskeensenings afgesny, maar honderd trekperde daarvan laat oorbly.
  
5. En die Arameërs van Damaskus het gekom om Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs twee en twintig duisend man verslaan.
  
6. En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
  
7. En Dawid het die goue skilde geneem wat die dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
  
8. En uit Bétag en uit Berotái, stede van Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.
  
9. Toe Toď, die koning van Hamat, hoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadéser verslaan het,
  
10. stuur Toď sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het -- want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toď -- en in sy hand was silwer-- en goue en kopervoorwerpe.
  
11. Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:
  
12. van die Arameërs en die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.
  
13. En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Soutdal agttien duisend Edomiete verslaan het.
  
14. En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
  
15. En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.
  
16. En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
  
17. En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Serája was skrywer.
  
18. En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES