|
|
2 Samuel, Chapter 9
1. En Dawid het gesę: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jónatan?
2. En die huis van Saul het 'n dienaar gehad, met die naam van Siba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar!
3. En die koning vra: Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ek die guns van God aan hom kan bewys nie? Toe sę Siba aan die koning: Daar is nog 'n seun van Jónatan, wat lam is aan altwee voete.
4. En die koning vra hom: Waar is hy? Toe sę Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van Ammiël, in Lódebar.
5. Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal uit die huis van Magir, die seun van Ammiël, uit Lódebar.
6. Toe Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en hom neergebuig. En Dawid het gesę: Mefibóset! En hy het geantwoord: Hier is u dienaar.
7. En Dawid sę vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jónatan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal altyddeur aan my tafel brood eet.
8. Toe buig hy en sę: Wat is u dienaar, dat u na 'n dooie hond soos ek is, omgesien het?
9. En die koning het Siba, die dienaar van Saul, geroep en vir hom gesę: Alles wat Saul en sy hele huis gehad het, gee ek aan die seun van jou heer.
10. En jy moet vir hom die grond bewerk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet voedsel inbring, dat die seun van jou heer brood het om te eet; maar Mefibóset, die seun van jou heer, sal altyddeur aan my tafel brood eet. En Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.
11. Toe sę Siba aan die koning: Net soos my heer die koning sy dienaar beveel, so sal u dienaar doen; en Mefibóset het aan die tafel van Dawid geëet soos een van die koning se seuns.
12. En Mefibóset het 'n jong seun gehad met die naam van Miga, en almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefibóset se dienaars.
13. En Mefibóset het in Jerusalem gewoon, want hy het altyddeur aan die koning se tafel geëet; en hy was lam aan altwee voete.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|