Bible Study: FrontPage




 

Amos, Chapter 6

Bible Study - Amos 6 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Wee die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaría, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!
  
2. Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? --
  
3. julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!
  
4. Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!
  
5. Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!
  
6. Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.
  
7. Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal 'n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.
  
8. Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het 'n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
  
9. En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.
  
10. En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee -- dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die HERE te vermeld nie!
  
11. Want kyk, die HERE gee bevel, en hulle slaan die groot huis tot 'n puinhoop en die klein huis tot splinters.
  
12. Kan perde draf op rotse, of kan 'n mens met osse daarop ploeë? -- dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wilde-als.
  
13. Julle wat bly is oor 'n nietige ding, wat sê: Het ons nie deur ons eie krag horings gekry nie?
  
14. Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, 'n volk opwek, spreek die HERE, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdruk van die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES