Bible Study: FrontPage




 

Amos, Chapter 7

Bible Study - Amos 7 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Dit het die Here HERE my laat sien -- kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.
  
2. En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, sê ek: Here HERE, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.
  
3. Toe het die HERE berou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur nie, het die HERE gesê.
  
4. Dit het die Here HERE my laat sien -- kyk, die Here HERE roep om 'n regstryd te voer deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en sou die akkerland verteer het.
  
5. Toe sê ek: Here HERE, hou tog op! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.
  
6. Die HERE het berou gekry oor hierdie saak. Dit sal ook nie gebeur nie, het die Here HERE gesê.
  
7. Dit het Hy my laat sien -- kyk, die Here het op 'n loodregte muur gestaan, en daar was 'n skietlood in sy hand.
  
8. Toe sê die HERE vir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: 'n Skietlood. Daarop sê die Here: Kyk, Ek gaan 'n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.
  
9. En die hoogtes van Isak sal verwoes word, en die heiligdomme van Israel sal puinhope wees, en teen die huis van Jeróbeam sal Ek met die swaard optree.
  
10. Toe het Amásia, die priester van Bet-el, Jeróbeam, koning van Israel, laat weet: Amos het 'n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.
  
11. Want so het Amos gesê: Jeróbeam sal deur die swaard sterwe, en Israel sal sekerlik uit sy land in ballingskap gaan.
  
12. Toe sê Amásia vir Amos: Gaan weg, siener, vlug na die land Juda en eet daar brood en profeteer daar!
  
13. Maar in Bet-el mag jy verder nie meer profeteer nie, want dit is 'n koninklike heiligdom en 'n tempel van die ryk.
  
14. Toe het Amos geantwoord en aan Amásia gesê: Ek was geen profeet en ook geen profete-seun nie; maar ek was 'n veewagter en kweker van wildevyebome.
  
15. Maar die HERE het my agter die kleinvee weggeneem, en die HERE het aan my gesê: Gaan heen, profeteer teen my volk Israel.
  
16. Hoor dan nou die woord van die HERE! Jy sê: Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy mag geen woorde laat druppel teen die huis van Isak nie.
  
17. Daarom, so sê die HERE: Jou vrou sal in die stad hoereer, en jou seuns sowel as jou dogters sal deur die swaard val, en jou grond met die meetsnoer verdeel word, en jy self sal in 'n onrein land sterwe, en Israel sekerlik in ballingskap uit sy land gaan.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES