Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 12

Bible Study - Proverbs 12 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.
  
2. Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man.
  
3. Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.
  
4. 'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente.
  
5. Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.
  
6. Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.
  
7. Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.
  
8. Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.
  
9. Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.
  
10. Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.
  
11. Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.
  
12. Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.
  
13. In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
  
14. Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug.
  
15. Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.
  
16. Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.
  
17. Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.
  
18. Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.
  
19. 'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik.
  
20. Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
  
21. Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.
  
22. Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
  
23. 'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.
  
24. Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.
  
25. Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.
  
26. Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.
  
27. Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens.
  
28. Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES