Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 13

Bible Study - Proverbs 13 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie.
  
2. Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld.
  
3. Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.
  
4. Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.
  
5. Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik.
  
6. Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val.
  
7. Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed.
  
8. Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie.
  
9. Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.
  
10. Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
  
11. Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.
  
12. 'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom.
  
13. Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
  
14. Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
  
15. 'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.
  
16. Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond.
  
17. 'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling.
  
18. Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.
  
19. 'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase.
  
20. Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
  
21. Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.
  
22. 'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.
  
23. Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan.
  
24. Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
  
25. Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES