Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 4

Bible Study - Proverbs 4 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;
  
2. want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
  
3. Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,
  
4. het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.
  
5. Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
  
6. verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
  
7. Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
  
8. Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.
  
9. Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf.
  
10. Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
  
11. In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;
  
12. as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
  
13. Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
  
14. Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
  
15. Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
  
16. want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.
  
17. Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
  
18. Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,
  
19. is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
  
20. My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,
  
21. laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.
  
22. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.
  
23. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
  
24. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
  
25. Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.
  
26. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,
  
27. wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES