Bible Study: FrontPage




 

Proverbs, Chapter 5

Bible Study - Proverbs 5 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,
  
2. dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;
  
3. want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,
  
4. maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos 'n swaard aan weerskante skerp.
  
5. Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.
  
6. Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.
  
7. Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.
  
8. Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,
  
9. sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;
  
10. sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie
  
11. en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,
  
12. en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,
  
13. en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!
  
14. Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.
  
15. Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.
  
16. Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?
  
17. Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.
  
18. Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug --
  
19. die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.
  
20. Maar waarom sou jy, my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?
  
21. Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange.
  
22. Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.
  
23. Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES