Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 147

Bible Study - Psalms 147 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas!
  
2. Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.
  
3. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
  
4. Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.
  
5. Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.
  
6. Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.
  
7. Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;
  
8. wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,
  
9. wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.
  
10. Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.
  
11. Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
  
12. o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!
  
13. Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.
  
14. Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,
  
15. wat sy bevel na die aarde stuur -- sy woord loop baie vinnig.
  
16. Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.
  
17. Hy werp sy ys heen soos stukke -- wie kan bestaan voor sy koue?
  
18. Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai -- die waters loop.
  
19. Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.
  
20. So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES