|
|
Psalms, Chapter 148
1. Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!
2. Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!
3. Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!
4. Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!
5. Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee -- en hulle is geskape.
6. En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.
7. Loof die HERE van die aarde af -- groot seediere en alle dieptes!
8. Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;
9. berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
10. wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;
11. konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
12. jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges --
13. laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
14. En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|