|
|
Psalms, Chapter 149
1. Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!
2. Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!
3. Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.
4. Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.
5. Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.
6. Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;
7. om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;
8. om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;
9. om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|