Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 21

Bible Study - Psalms 21 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. (21:2) o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!
  
2. (21:3) U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.
  
3. (21:4) Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.
  
4. (21:5) Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.
  
5. (21:6) Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.
  
6. (21:7) Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.
  
7. (21:8) Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.
  
8. (21:9) U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.
  
9. (21:10) U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.
  
10. (21:11) U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.
  
11. (21:12) Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.
  
12. (21:13) Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.
  
13. (21:14) Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES