Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 22

Bible Study - Psalms 22 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." 'n Psalm van Dawid. (22:2) My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
  
2. (22:3) My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
  
3. (22:4) Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
  
4. (22:5) Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
  
5. (22:6) Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
  
6. (22:7) Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
  
7. (22:8) Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
  
8. (22:9) Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
  
9. (22:10) Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
  
10. (22:11) Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
  
11. (22:12) Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
  
12. (22:13) Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
  
13. (22:14) Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
  
14. (22:15) Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
  
15. (22:16) My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
  
16. (22:17) Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
  
17. (22:18) Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
  
18. (22:19) Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
  
19. (22:20) Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
  
20. (22:21) Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
  
21. (22:22) Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
  
22. (22:23) Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
  
23. (22:24) Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
  
24. (22:25) Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
  
25. (22:26) Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
  
26. (22:27) Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
  
27. (22:28) Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
  
28. (22:29) Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.
  
29. (22:30) Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
  
30. (22:31) 'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag.
  
31. (22:32) Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES