|
|
Psalms, Chapter 30
1. 'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid. (30:2) Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.
2. (30:3) HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.
3. (30:4) HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
4. (30:5) Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;
5. (30:6) want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.
6. (30:7) Ek het wel in my sorgeloosheid gesę: Ek sal vir ewig nie wankel nie.
7. (30:8) HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg -- ek het verskrik geword!
8. (30:9) Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:
9. (30:10) Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?
10. (30:11) Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!
11. (30:12) U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;
12. (30:13) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|