Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 33

Bible Study - Psalms 33 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes.
  
2. Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.
  
3. Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
  
4. Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.
  
5. Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.
  
6. Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
  
7. Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
  
8. Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;
  
9. want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.
  
10. Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
  
11. Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
  
12. Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
  
13. Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
  
14. Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
  
15. Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
  
16. 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.
  
17. Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
  
18. Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
  
19. om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
  
20. Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;
  
21. want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
  
22. Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES