Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 34

Bible Study - Psalms 34 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. (34:2) Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.
  
2. (34:3) Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.
  
3. (34:4) Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!
  
4. (34:5) Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.
  
5. (34:6) He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.
  
6. (34:7) Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
  
7. (34:8) Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
  
8. (34:9) Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
  
9. (34:10) Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
  
10. (34:11) Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
  
11. (34:12) Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.
  
12. (34:13) Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?
  
13. (34:14) Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
  
14. (34:15) Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.
  
15. (34:16) Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.
  
16. (34:17) Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
  
17. (34:18) Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
  
18. (34:19) Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
  
19. (34:20) Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
  
20. (34:21) Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.
  
21. (34:22) Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.
  
22. (34:23) Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES