Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 36

Bible Study - Psalms 36 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here. (36:2) In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
  
2. (36:3) Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
  
3. (36:4) Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
  
4. (36:5) Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
  
5. (36:6) o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
  
6. (36:7) U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
  
7. (36:8) Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
  
8. (36:9) Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
  
9. (36:10) Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
  
10. (36:11) Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.
  
11. (36:12) Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.
  
12. (36:13) Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES