Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 35

Bible Study - Psalms 35 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. 'n Psalm van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!
  
2. Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!
  
3. En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
  
4. Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!
  
5. Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.
  
6. Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!
  
7. Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
  
8. Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!
  
9. Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
  
10. Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
  
11. Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
  
12. Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
  
13. En ek -- toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.
  
14. Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
  
15. Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
  
16. Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
  
17. Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
  
18. Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys.
  
19. Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!
  
20. Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
  
21. En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
  
22. HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!
  
23. Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
  
24. Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
  
25. Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!
  
26. Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!
  
27. Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!
  
28. En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES