Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 39

Bible Study - Psalms 39 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; vir Jedútun. 'n Psalm van Dawid. (39:2) Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.
  
2. (39:3) Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.
  
3. (39:4) My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:
  
4. (39:5) HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.
  
5. (39:6) Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.
  
6. (39:7) Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.
  
7. (39:8) En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.
  
8. (39:9) Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie.
  
9. (39:10) Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen.
  
10. (39:11) Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.
  
11. (39:12) Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela.
  
12. (39:13) Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders.
  
13. (39:14) Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES