Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 44

Bible Study - Psalms 44 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. (44:2) o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.
  
2. (44:3) U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.
  
3. (44:4) Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
  
4. (44:5) U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.
  
5. (44:6) Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.
  
6. (44:7) Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;
  
7. (44:8) maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
  
8. (44:9) In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
  
9. (44:10) En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
  
10. (44:11) U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.
  
11. (44:12) U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.
  
12. (44:13) U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.
  
13. (44:14) U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
  
14. (44:15) U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die volke.
  
15. (44:16) My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;
  
16. (44:17) weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.
  
17. (44:18) Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.
  
18. (44:19) Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,
  
19. (44:20) alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek.
  
20. (44:21) As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god --
  
21. (44:22) sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
  
22. (44:23) Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.
  
23. (44:24) Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!
  
24. (44:25) Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
  
25. (44:26) Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.
  
26. (44:27) Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES