Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 45

Bible Study - Psalms 45 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde. (45:2) My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
  
2. (45:3) U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
  
3. (45:4) Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
  
4. (45:5) ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
  
5. (45:6) U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
  
6. (45:7) U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
  
7. (45:8) U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
  
8. (45:9) Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
  
9. (45:10) Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
  
10. (45:11) Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
  
11. (45:12) en as die Koning u skoonheid begeer -- want Hy is u Heer -- buig u dan voor Hom neer.
  
12. (45:13) En, o dogter van Tirus -- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
  
13. (45:14) Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
  
14. (45:15) In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
  
15. (45:16) Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
  
16. (45:17) In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.
  
17. (45:18) U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES