Bible Study: FrontPage




 

Psalms, Chapter 49

Bible Study - Psalms 49 - Afrikaans - Afrikaans Bible (1953) - Web
 
 
 
Comment!       Comment Disqus!
  
1. Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. (49:2) Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
  
2. (49:3) geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
  
3. (49:4) My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.
  
4. (49:5) Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
  
5. (49:6) Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring --
  
6. (49:7) die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
  
7. (49:8) Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
  
8. (49:9) (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),
  
9. (49:10) dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
  
10. (49:11) Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
  
11. (49:12) Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
  
12. (49:13) Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
  
13. (49:14) Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.
  
14. (49:15) Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
  
15. (49:16) Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
  
16. (49:17) Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
  
17. (49:18) want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
  
18. (49:19) Al ag hy homself gelukkig in sy lewe -- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen --
  
19. (49:20) tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.
  
20. (49:21) Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.


Search in:
Terms:

Vote and Comment on Facebook:Recommend This Page:
Post on Facebook Add to your del.icio.us Digg this story StumbleUpon Twitter Google Plus Post on Tumblr Add to Reddit Pin this story Linkedin Google Bookmark Blogger
Insert Your Personal Insight:

Please do not make mean comments and follow the biblical and spiritual character of this forum. If, however unpleasant situations arise, we request to flag it to us in order to evaluate the situation.

Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.

This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com


SELECT VERSION

COMPARE WITH OTHER BIBLES