|
|
Psalms, Chapter 48
1. 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag. (48:2) Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
2. (48:3) Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
3. (48:4) God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.
4. (48:5) Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
5. (48:6) Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
6. (48:7) Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
7. (48:8) Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
8. (48:9) Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
9. (48:10) o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.
10. (48:11) Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.
11. (48:12) Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.
12. (48:13) Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
13. (48:14) let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,
14. (48:15) dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|