|
|
Psalms, Chapter 5
1. Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid. (5:2) o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.
2. (5:3) Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
3. (5:4) In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
4. (5:5) Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.
5. (5:6) Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.
6. (5:7) U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.
7. (5:8) Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.
8. (5:9) HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.
9. (5:10) Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.
10. (5:11) Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.
11. (5:12) Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.
12. (5:13) Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|