|
|
Psalms, Chapter 6
1. Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid. (6:2) o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.
2. (6:3) Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.
3. (6:4) Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?
4. (6:5) Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
5. (6:6) Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?
6. (6:7) Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.
7. (6:8) My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.
8. (6:9) Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.
9. (6:10) Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.
10. (6:11) Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai.
|
|
Text source: AFR - Bible Afrikaans 1953. Copyright (c) 1953, Bible Society of South Africa. Hierdie Bybel is goedgunstiglik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika beskikbaar gestel. Om n bydrae vir die verspreiding van bekostigbare Bybels in Suid-Afrika te maak, Klik: http://www.biblesociety.co.za/bydraes.htm. This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, click: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.
|
| |
| This project is based on delivering free-of-charge the Word of the Lord in all the world by using electronic means. If you want to contact us, you can do this by writing to the following e-mail: bible-study.xyz@hotmail.com |
|
|
|
SELECT VERSION
COMPARE WITH OTHER BIBLES
|
|